Your Number 1 portal for Vryburg, North West Today's Date: Wednesday, September 08, 2010 10:37 PM
Skip Navigation Links
Home
About Vryburg
What to See
Maps
Advertise
Contact Us
Accommodation
Business
Butcheries
Convenience Shopping
Estate Agents
Event Hire
Florists
Funeral Services
Hair & Beauty Salon
Medical & Emergency
Restaurant & Take Away
Schools
Vehicle & Roadside Assistant

News


Behoewendes ly, geen subsidies

 Behoewendes ly, maar steeds geen subsidies


Vryburg - Twee vissies en vyf brode om tientalle huisgesinne te voed - d¡t is die wonderwerk wat NG Welsyn hier sal moet verrig as hulle nie binnekort hul toelae van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ontvang nie. 
Die terugval fondse wat die welsyn beskikbaar het vir lopende uitgawes is slegs genoeg om hulle nog vir die volgende twee maande te dra. Daarna lyk die toekoms van di‚ organisasie maar donker. Volgens Mariëtte van Huysteen het die welsyn sover slegs 40% van alle kontrak subsidiegelde vir die 2009-2010 boekjaar ontvang. Nog géén toelae is vir die 2010-2011 boekjaar, wat einde April begin het, ontvang nie. Volgens Van Huysteen het die Departement die NG Welsyn in kennis gestel dat 'n nuwe finansiële sisteem in werking gestel gaan word, en sodra dié sisteem in werking is, sal toelae weer betaal word. "Aan die begin van Junie het die departement ons weer in kennis gestel dat die sisteem nou in werking is en dat ons by die tenderraad moet registreer om toelae te ontvang", vertel sy. 
NG Welsyn het dadelik self na Mmbatho gegaan om te registreer en steeds is geen toelae ontvang nie. Van Huysteen vertel dat die welsyn van daar af twee keer per week met die Departement probeer korrespondeer het, maar met elke navraag is verskeie verskonings, en géén toelae, aan die welsyn gegee. 
"Verskeie projekte, en ook die gemeenskap, word direk hierdeur geraak", het Van Huysteen verder aan Stellalander vertel. "Ons het alles van ons kant af reggedoen", het sy voortgegaan. Sy sê dat alle eise vanaf die welsyn betyds ingedien word, en dat die welsyn, van sy kant af, alle dienste lewer soos in die kontrak met die Departemant aangedui word. "Die NG Welsyn en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het kontrakte gesluit waarin gestipuleer word dat die welsyn verskeie dienste in die gemeenskap moet lewer inruil vir die subsidies. Maar ten spyte van die dienste wat ons lewer, het die Departement versuim om hul deel van die kontrak na te kom."
Stellalander het te hore gekom van gerugte wat die rondte doen dat die Departement die subsidiegelde gebruik het om kaartjies aan te koop vir die 2010 Sokker Wêreldbeker. Navrae aan die Departement om dié gerugte te staaf het egter onbeantwoord gebly. Volgens Van Huysteen het die Departement wel vroeër vanjaar die NG Welsyn versoek om 'n paar kinders te identifiseer om van die wedstryde by te woon. Sy kon egter nie sê watter fondse aangewend is om dié kaartjies aan te koop nie. 
Die NG Welsyn is nie die enigste organisasie wat deur dié probleem geraak word nie. Volgens betroubare bronne het die ouetehuis hier ook vir die afgelope vier maande géén subsidies vanaf die Departement ontvang nie. 
Stellalander het Vrydag (9 Julie) navrae aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling gestuur en hulle ook die geleentheid gebied om kommentaar te lewer, maar teen druktyd is nog geen antwoord ontvang nie. 
deur Cornél Grobler

 

  Home
  About Vryburg
  Maps
  Contact Us

Advertise

If you want to advertise on Vryburg.com, contact Grace on 082 374 8499. To read more about our advertising options click here

Contact Us

Fax 086 693 0179
Email info@vryburg.com

 

Quick Contact

Need someone to contact you? Just fill out this form and we will contact you.
Name and Surname:
Contact Number:
Email Address:
Verify: Verification Image
Copyright © 2009 Vryburg.com | Design by Creative Designs  |  Admin