Rusie oor kos lei tot moord
Stella - 'n 29-jarige man is hier deur die polisie in hegtenis geneem nadat 'n 26-jarige vrou dood is.
'n Rusie het na bewering tussen die man en die vrou, sy vriendin, ontstaan omdat sy glo versuim het om vir hom kos te kook.
Die verdagte het glo sy vriendin met 'n knopkierie geslaan en toe sy probeer weghardloop, het hy haar terug na hul woonplek gesleep en wéér geslaan. Die vrou het later haar bewussyn verloor.
Die polisie is gekontak, maar met hul aankoms het sy reeds aan haar beserings beswyk.
Die verdagte het verlede week in die landdroshof op die dorp op 'n klag van moord verskyn.
Toddler raped
Wolmaransstad - Last week, a 36-year-old suspect appeared in court on a charge of rape.
The man was apprehended for the alleged rape of a fouryear-old girl. The incident happened earlier this month at the TswelelangTownship. According to the victim's brother, the suspect took the girl to a bedroom and closed the door before raping her. The suspect was caught red handed and the police were summoned to the scene. The suspect was arested immediately.
|