Your Number 1 portal for Vryburg, North West Today's Date: Wednesday, September 08, 2010 11:25 PM
Skip Navigation Links
Home
About Vryburg
What to See
Maps
Advertise
Contact Us
Accommodation
Business
Butcheries
Convenience Shopping
Estate Agents
Event Hire
Florists
Funeral Services
Hair & Beauty Salon
Medical & Emergency
Restaurant & Take Away
Schools
Vehicle & Roadside Assistant

News


Hawelose met familie herenig

 Hawelose met familie herenig

  
Vryburg - Inwoners was 'n paar maande gelede hier met afgryse vervul nadat hulle vir die eerste keer met hom kennis gemaak het. 
 
Hy is baie name genoem: Die Katslagter van Markstraat, boemelaar, monster... Min het enigeen van ons besef dat dié man dalk iewers 'n familie het wat jare lank al na hom soek. Dat hy 'n naam het en dat hy ook maar 'n burger van die mensdom is. Niemand ken regtig Vice Thomas Mangumta se storie nie.
 
Al wat ons kan doen is raai. Miskien het hy ook maar 'n paar verkeerde keuses in sy lewe gemaak. Miskien was dit omstandighede buite sy beheer wat hom tot 'n lewe op straat verdoem het. Tweede kanse is nie altyd vir almal beskore nie. Maar soms, nét soms, is daar 'n uitsondering. Nadat maatskaplike werkers vanaf 1997 tevergeefs probeer het om die man te help, het daar skielik 'n lig aan die einde van 'n jarelange tonnel vir Thomas gekom. 
 
Volgens snr supt Abby Qumashe, stasiebevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens hier, het inwoners van Klerksdorp die man tydens 'n besoek hier raakgesien en hom herken. Die Klerksdorpers is dadelik na die polisie waar hulle vertel het dat hulle moontlik geweet het wie sy familie is. 'n Foto is van hom geneem en aan sy moontlik familie gestuur. Die nuus is terug ontvang dat dit wel sy familie is.
Thomas is deur Dolly Itumeleng, 'n maatskaplike werker, onder hande geneem waar hy 'n behoorlike "make-over" gekry het vir die groot ontmoeting. Op Dinsdag (10 November) het 'n goeie samaritaan Thomas na Mount Frere in die Oos-Kaap geneem waar hy eindelik met sy familie herenig is. 
Noodlot, 'n wonderwerk, toeval... Noem dit wat jy wil. Maar een ding is seker, gelukkige eindes kom nie net in feëverhale voor nie. 
 
 
 
Die man wat vir jare op die dorp se strate gewoon het en moes staatmaak op aalmoese van verbygangers om te oorleef - en soms tot uiterstes oorgegaan het - is uitéindelik met sy familie herenig. 
 
Amper onherkenbaar... Thomas Mangumta geniet 'n heerlike bord kos nadat hy jare se ontbering op Vryburg se strate móés beleef.  
 
 
 
deur Cornél Grobler
  Home
  About Vryburg
  Maps
  Contact Us

Advertise

If you want to advertise on Vryburg.com, contact Grace on 082 374 8499. To read more about our advertising options click here

Contact Us

Fax 086 693 0179
Email info@vryburg.com

 

Quick Contact

Need someone to contact you? Just fill out this form and we will contact you.
Name and Surname:
Contact Number:
Email Address:
Verify: Verification Image
Copyright © 2009 Vryburg.com | Design by Creative Designs  |  Admin